WELKOM IN DUPIELAND!

Waar gelukkige kinders reik na hoër hoogtes.

LAERSKOOL DU PREEZ VAN WYK
~ Sedert 1907 ~

Geleë in die boomryke dorp Bronkhorstpruit, Gauteng. Die skool bestaan vandag uit nagenoeg 756 leerders en ‘n onderwyserskorps van 50.

Ons staan onder bekwame en passievolle leierskap van Meneer Pieter Van Zyl en sy dinamiese skoolbestuur.

Word ‘n Dupie-druppel sommer vandag nog!

AKADEMIE

‘n Skool se akademie is die aspek wat die grootste verskil in ‘n kind se toekoms kan maak.  Dit is daarom belangrik dat die akademie bydra tot die skep van ‘n positiewe selfbeeld by elke Dupie-druppel.  By Dupieland akkommodeer ons gelukkige, blinkoog kinders van graad RRR tot graad 7.

SPORT

By Laerskool Du Preez van Wyk glo ons daarin om elke leerder in geheel te ontwikkel.  ‘n Gesonde liggaam huisves beslis ‘n gesonde gees.  Ons bied ‘n verskeidenheid sportsoorte aan, wat wissel van krieket, rugby, fietsry, atletiek en hokkie tot by netbal, perdry, skaak, tennis en gholf.

KULTUUR

Dupieland is ‘n gebalanseerde skool waar kultuur nie net ‘n woord is nie, maar deel uitmaak van elke Dupie se ontwikkelingsmondering oppad hoërskool toe.  Du Preez van Wyk streef daarna om op verskeie gebiede leerders die geleentheid te bied om betrokke te wees by talle kultuuraktiwiteite.

0
Gelukkige Kinders
0
Bestaansjare
0
Bekwame Personeel
0
Glimlaggies

WORD DEEL VAN DIE DUPIE-FAMILIE

Hier is geen kind net ‘n nommer nie, want elke Druppel tel...